 |
Jac Laubscher, Groepekonoom Die lopende rekening vs. die kapitaalrekening: waar moet die klem val? Die lopende rekening van Suid-Afrika se betalingsbalans is die afgelope tyd pal in die nuus. Die argument dat die omvang van die tekort op die lopende rekening die land oorafhanklik maak van 'n volgehoue invloei van buitelandse kapitaal is tot vervelens toe aangevoer. Maar dalk is dit in elk geval die verkeerde uitgangspunt – moet die fokus nie liewer wees op maniere om die kapitaalrekening te versterk nie?
|