|
As jy 'n belegging by Sanlam maak of as jy 'n risikodekkingpolis uitneem, kies jy 'n beleggingsfonds waarin die beleggingsgedeelte van jou premie kan groei. Dit is ook van toepassing as jy 'n uitkeerpolis voortsit in Stratus ná die oorspronklike uitkeerdatum of wanneer jy 'n Sanlam Verhandelde Polis koop.
Risikovlakke
Met Sanlam se beleggingsfondse kan jy kies of jy jou geld in 'n veiliger fonds met waarborge wil laat groei of eerder in 'n aggressiewer fonds wat uitmuntende groei kan bied.
* Opsionele waarborge ** Die risikovlak / bateklas hier aangedui is in terme van die geldeenheid waarin die beleggings gedoen word. In randterme is die risikovlakke hoër weens wisselkoersskommelinge.
1 Voorheen bekend as die Multi-Bestuurder AbsoluteOpbrengs Fonds 2 Voorheen bekend as die Gebalanseerde Fonds 3 Voorheen bekend as die Multi-Bestuurder Gebalanseerde Fonds 4 Voorheen bekend as die Fonds van Fondse
Opbrengskoerse in dollar
Hoe besluit jy wat die beste beleggingsfonds vir jou is?
Jy moet gemaklik voel met die fonds se risikovlak. Dit word deur verskeie faktore beïnvloed, insluitend:
- Die soort beleggings waarin 'n fonds belê
- Die samestelling van die portefeulje
- Die strategie van die beleggingsbestuurder
- Waarborge
Die soort beleggings waarin 'n beleggingsfonds kan belê:
- Aandele van genoteerde maatskappye. Dié aandele kan of op die Johannesburgse Aandelebeurs of op oorsese aandelebeurse genoteer wees.
- Eiendom.
- Rentedraende beleggings soos staatsobligasies of geldmarkfondse.
Die samestelling van die portefeulje speel 'n rol in 'n beleggingsfonds se risikovlak: 'n Fonds wat 'n groter deel in aandele belê, dra meer risiko as 'n fonds wat 'n groter deel in kontant belê.
Al Sanlam se beleggingsfondse is bestuurde fondse.
Wat is 'n bestuurde fonds?
Dit is 'n fonds waarin al die beleggers en polishouers se premies saamgeplaas word. Dié geld word dan namens hulle deur die fondsbestuurder belê. Die fondsbestuurder hanteer al die beleggingsbesluite. Die fonds belê gewoonlik in verskeie soorte beleggings wat aandele, eiendom, staatsobligasies en ander rentedraende beleggings insluit. Die verhouding tussen die verskillende soorte beleggings sal afhang van die mandaat van die fonds. 'n Fonds met hoër risiko, wat aggressief bestuur word en na hoër opbrengste mik, kan 'n groter deel in aandele belê, terwyl 'n fonds wat na stabiele groei mik 'n groter deel in eiendom en staatsobligasies sal belê.
Wat is die voordele van bestuurde fondse?
- Jy hoef nie betrokke te raak by die fyner besluitneming oor byvoorbeeld beleggingsoorte of tydsberekening nie. Die fondsbestuurder bestuur die fonds volgens 'n sekere stel maatreëls en is verantwoordelik vir die behaling van die doelwitte wat aan hom gestel is.
- Jy kies 'n beleggingsfonds wat dit moontlik maak om jou beleggingsdoelwitte te behaal volgens die risikovlak wat jy bereid is om te neem.
- Deur die beleggingbesluite aan 'n kundige fondsbestuurder oor te laat, kan jy algehele gemoedsrus geniet.
Sanlam Beleggingsbestuur is die fondsbestuurder van Sanlam se beleggingsfondse.
Let wel:
Jy kan PDF-dokumente besigtig met die Adobe® Acrobat Reader. Laai Acrobat Reader gratis af direk van Adobe (Alle platforms). |