Sanlam tuisblad      English      e-nuus      Navigasiehulp      Hulp      Kontak ons
 Aanlyndienste
 Produkte & dienste
Oplossings vir jou
 Fondsprestasie
Finansiële advies
Beleggersverhoudinge
 Nuus & verslae
 Omtrent ons
 Kontak ons
Kliënte-kontaksentrum
Maandag - Vrydag: 08:30 - 17:00
0860SANLAM  |  0860 726 526
+27 21 916-5000
Bydrae- en belastingsertifikate
Gebruiksbepalings

Welkom by Sanlam se webruimte. Neem asseblief kennis van die bepalings hieronder wat die gebruik van die webruimte beheer en wat jou sal bind, sou jy die webruimte betree.

Belangrik 

  • Die volgende bepalings is van toepassing op hierdie en al die ander webruimtes wat enige lid van die Sanlam Groep besit, bedryf, of borg ("webruimte"), tensy so 'n webruimte anders aandui.

  • Deur ons webruimte te betree, word dit geag dat jy ingestem het tot elkeen van die volgende gebruiksbepalings, wat dan bindend word op jou.

  • Gaan asseblief hierdie gebruiksbepalings gereeld na. Dit mag van tyd tot sonder kennisgewing verander. Die veranderde voorwaardes sal ook bindend op jou wees.

  • Verwys asseblief enige dispuut of klagte wat uit die gebruik van dié webruimte mag voortspruit na Sanlam Kliënteverhoudinge by clientrelations@sanlam.co.za.

  1. Aard van webruimte-inhoud 

    • Die inligting vervat op die webruimte verskaf algemene inligting oor bepaalde onderwerpe en is nie 'n omvattende behandeling van daardie onderwerpe nie.

    • Enige berekeninge op die webruimte is net benaderde waardes wat slegs as riglyne dien.

    • Intekening op enige diens of die koop van enige produk deur die webruimte is onderhewig aan die verskaffer se volle kontraktuele bepalings en voorwaardes, asook toepaslike wetgewing.

    • Skakels na derdeparty-webruimtes word slegs vir gerief verskaf, en mag te eniger tyd verwyder word. Die inhoud van gekoppelde webruimtes is nie onder ons beheer nie en ons is nie daarvoor verantwoordelik nie. Die feit dat ons 'n bepaalde skakel verskaf, beteken nie dat ons daardie webruimte ondersteun, magtig, of borg nie, of dat ons aan daardie webruimte se eienaars of borge verbonde is nie.

    • Daarom, voor jy enige besluit of aksie neem gegrond op enige inhoud op die webruimte wat jou persoonlike finansies of besigheid mag raak, moet jy eers rekeningkundige-, belasting-, regs-, beleggings-, valutabeheer- en ander professionele advies inwin.

  2. Web-besoekers vanuit die buiteland 

    • Toegang tot of die koop van dienste of produkte deur die webruimte vanuit die land waar jy is, mag dalk onwettig in daardie land wees. As jy nogtans voortgaan met sulke toegang of aankope, doen jy dit op eie risiko. Jy is altyd verantwoordelik vir nakoming van jou land se wette.

    • Die inligting hierin verskaf is nie 'n aanbod vir verkope in die VSA nie, en is nie gerig aan persone in die Verenigde Koninkryk as beleggingsadvies of as advertensie of 'n aanbod om 'n belegging te koop nie.

    • Sanlam se dienste en produkte mag dalk nie beskikbaar wees in jou land nie. Kontak ons of jou plaaslike finansiële of regsadviseur om uit te vind of enige produkte en dienste aan jou beskikbaar is, en indien wel, watter.

  3. Geen waarborge 

    Die inhoud van die webruimte word sonder enige uitdruklike of geïmpliseerde waarborge van enige aard verskaf. In besonder waarborg ons nie dat die inhoud toepaslik vir enige spesifieke doel is, of volledig of akkuraat is, of dat dit of enige apparatuur waarop dit gestoor is, virus-vry is nie.

  4. Beperkte gebruik 

    Tensy anders vermeld, is alle inligting, produkte, en dienste alleen vir jou persoonlike en nie-kommersiële gebruik. Jy mag nie  –

    • die inhoud van die webruimte kopieer, verander, of afgeleide werke daarvan skep nie, of dit publiseer, lisensieer, of oordra sonder ons geskrewe vooraf toestemming nie;

    • die webruimte, 'n gekoppelde webruimte, of programmatuur uitmekaar haal of afbreek nie;

    • inhoud van 'n onregmatige aard na die webruimte versend of dit daarop plaas nie soos bv. (a) inhoud wat dreigend, lasterlik, skendend, obseen, skandalig, opruiend, pornografies, of oneerbiedig is, of wat (b) ons beeld of vermoë om besigheid te doen, kan aantas;

    • die webruimte op 'n manier gebruik wat enige Sanlam-bediener of netwerk gekoppel aan enige Sanlam-bediener kan beskadig, buite aksie stel, ooreis, of aan bande lê, of wat inbreuk maak op enige ander party se gebruik van die webruimte nie;

    • toegang bewerkstellig tot inligting op die webruimte, 'n Sanlam-bediener, of netwerk gekoppel aan 'n Sanlam-bediener nie – hetsy deur inbraak, te myn vir wagwoorde, of enige ander manier;

    • op 'n ander webruimte 'n skakel plaas na die webruimte of enige van sy blaaie sonder ons geskrewe vooraf toestemming nie;

    • die webruimte of enige van die blaaie daarvan sonder ons geskrewe vooraf toestemming in rame plaas nie.

  5. Elektroniese transaksies, kommunikasie, en rekords

    • Wanneer jy die webruimte besoek of e-pos aan ons stuur, stem jy in om kommunikasie elektronies vanaf Sanlam te ontvang. Jy stem hiermee toe dat alle ooreenkomste, kennisgewings, openbaarmakings, en ander kommunikasie wat ons vir jou stuur, enige regsvoorwaardes bevredig dat sulke kommunikasies op skrif moet wees.

    • Jy aanvaar die risiko's verbonde aan die gebruik van 'n elektroniese kommunikasiemedium.

    • Jy magtig ons om op te tree op die inligting wat jy vir ons elektronies stuur.

    • Jy verstaan dat Sanlam alle rekords elektronies stoor, en stem toe dat sulke elektroniese rekords bewys van die inhoud van sulke rekords in 'n regshof sal wees tensy jy die teendeel bewys.

    • Enige e-poskommunikasie na jou word geag deur jou ontvang te wees sodra Sanlam dit dit gestuur het.

  6. Gebruiker-ID en wagwoorde 

    As jy inteken op 'n diens of produk wat ons op die webruimte verskaf, kies jy 'n gebruiker-ID en/of wagwoord. Jy is ten volle verantwoordelik –

    • vir die behoud van vertroulikheid van jou gebruiker-ID en/of wagwoord;

    • vir alle aktiwiteite wat mag voorkom in jou rekening, met of sonder jou kennis;

    • om ons onmiddellik in kennis te stel van enige ongemagtigde gebruik van jou gebruiker-ID en/of wagwoord, of enige ander sekuriteitsbreuk;

    • vir verliese wat ons of ander partye ly sou iemand anders jou gebruiker-ID en/of wagwoord gebruik.

  7. Veilige betaalstelsel 

    Sanlam gebruik 'n betaalstelsel met genoegsame sekuriteit gemeet teen aanvaarde tegnologiestandaarde. Sanlam aanvaar verantwoordelikheid vir enige skade gely weens nie-nakoming van dié standaarde.

  8. Privaatheidsbeleid 

    Jou privaatheid is vir ons belangrik. Persoonlike inligting wat jy na ons stuur, sal ooreenkomstig van ons Privaatheidsbeleid hanteer word.

  9. Geen aanspreeklikheid 

    • Sanlam sal onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir enige verlies geloop of skade gely (direk of indirek, spesiaal of gevolglik) wat toeskryfbaar mag wees, direk of indirek, aan die gebruik van of vertroue op enige inhoud van die webruimte nie.

    • Sanlam sal nie verantwoordelik wees vir enige onderbreking, vertraagde of mislukte transmissie, verlies van programme of ander data, of die stoor of lewering van inligting weens watter oorsaak ookal nie.

  10. Waarborge 

    Vir alle doeleindes, en in die besonder vir die doeleindes van punt 6 hierbo, waarborg jy –

    • jou identiteit (dit is, dat jy is wie jy sê jy is), en dat jy jou identiteit kan bewys indien ons jou daartoe versoek;

    • dat alle inligting wat jy te eniger tyd aan ons verskaf via die webruimte, in geskrewe vorm, of aan ons inbelsentrumpersoneel in alle gevalle volledig, op datum, en akkuraat is;

    • dat jy alle wenenlike en relevante feite openbaar sal maak, by gebrek waarvan enige kontrak of enige transaksies wat uit só 'n kontrak mag voortspruit nietig of kanselleerbaar mag wees.

  11. Immaterieelgoedereregte  

    • Die webruimte en al sy inhoud (insluitende programmatuur, teks, grafika, ikone, hiperskakels, private inligting, en ontwerpe) is ons eiendom of gelisensieerd aan ons.

    • As sulks is dit teen skendings beskerm deur plaaslike en internasionale wetgewing en ooreenkomste, en mag dit op geen manier gebruik word sonder ons of die gelisensieerde se geskrewe vooraf toestemming nie.

  12. Oortredings 

    Ons behou die reg voor om

    • enige verdere toegang tot die webruimte te weier as (a) jy enige van die gebruiksbepalings oortree wat van tyd tot tyd in plek is; (b) ons nie in staat is om enige inligting wat jy verskaf, te bevestig nie; of  (c) ons glo dat jy aktiwiteite onderneem wat onwettig is, die integriteit van die webruimte aanval, of ons in 'n slegte lig stel;

    • enige oortreding na die polisie te verwys indien so 'n oortreding 'n misdaad is;

    • skadevergoeding te eis vir alle verliese of skade wat ons ly, en uitgawes wat ons moet aangaan. weens jou oortreding.

  13. Skadeloosstelling 

    Jy stem toe om ons en enige lid van die Sanlam Groep en sy onderskeie direkteure, beamptes, werknemers, agente, lisensiehouers, verskaffers, en enige derde party-inligtingverskaffers skadeloos te stel ten opsigte van enige verliese en uitgawes (insluitende prokureur- en eie koste) wat mag voorspruit uit jou oortreding van hierdie gebruiksbepalings.

  14. Jurisdiksie en toepaslike reg 

    • 'n Aansoek om 'n diens of produk wat op die webruimte aangebied word, geld as jou toestemming tot en onderwerping aan die jurisdiksie van die Hoër Hof van Suid-Afrika (Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling).

    • Enige eis wat voorspruit uit –

      • die gebruik van of onvermoë om die webruimte te gebruik

      • 'n aansoek vir, en die lewering van 'n diens of verskaffing van 'n produk,

      is onderhewig aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika – ten opsigte van beide die grondslag van die eis [kontrak, delikt (tort), of enige ander], en die proses- en bewysreg.

    • Alle hofverrigtinge sal in Engels gehou word en die onsuksesvolle party sal aanspreeklik wees vir alle koste wat die suksesvolle party moes aangaan, insluitende koste tussen prokureur en eie kliënt.

  15. Toestemming 

    Om toestemming van Sanlam te verkry soos wat hierin vervat word, stuur asseblief die versoek aan webmaster@sanlam.co.za

Direkteure | Kopiereg © Sanlam - Gebruiksbepalings
Sanlam Lewensversekering Beperk is 'n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.