|
As jy weet weerheen om jou vir finansiële advies te wend, is die saak half gewonne. Vertroue in die advies wat jy kry, is die ander helfte.
Dit is waarom Sanlam jou die volgende alternatiewe bied om gesonde advies te bekom:
Intydse advies met SanlamConnect
SanlamConnect is 'n verskaffer van finansiële beplanning en -oplossings vir jou finansiële behoeftes – aftrede, spaar, dood- en ongeskiktheidsvoorsiening. Jy kan jou finansiële beplanning óf intyds of by een van ons SanlamConnect-kantore doen, waar ons SanlamConnect-konsultante regstaan om jou te help. Jy kan selfs intyds vir jou oplossings aansoek doen!
Sien jou finansiële toekoms met SanlamConnect.
Stuur 'n finansiële navraag
Sanlam stel die dienste van 'n span uitgesoekte adviseurs beskikbaar om jou e-posnavrae oor geldsake te beantwoord en gesonde advies te verskaf – gratis. As hulle meen dat jy meer persoonlike advies nodig het, sal hulle een van Sanlam se geakkrediteerde finansiële adviseurs in jou omgewing vra om jou te kontak wanneer dit jou pas.
Doen hier navraag vir betroubare finansiële advies.
Kontak jou bestaande adviseur
Sanlam wys raadgewers aan om gereeld by kliënte aan te doen en verantwoordelikheid te neem vir hul finansiële behoeftes. Kliënte verhuis of aanvaar egter nuwe betrekkinge elders, en verloor sodoende onvermydelik kontak met hul raadgewers. As dit in jou geval waar is, sal Sanlam jou persoonlike raadgewer weer met jou in aanraking bring.
Verskaf jou besonderhede hier en jou finansiële adviseur sal met jou in verbinding tree.
Versoek 'n nuwe adviseur
Pas verhuis? Of met 'n nuwe werk begin? Jou finansiële en spaarbehoeftes mag dalk verander het. As jy 'n behoorlike finansiële ontleding wil laat doen, sal ons 'n Sanlam-adviseur in jou gebied aanwys om jou op 'n gerieflike tyd te besoek.
Verskaf jou besonderhede hier en 'n Sanlam-adviseur sal met jou in verbinding tree. |