Sanlam tuisblad      English      e-nuus      Navigasiehulp      Hulp      Kontak ons
 Aanlyndienste
 Produkte & dienste
Oplossings vir jou
 Fondsprestasie
Finansiële advies
Beleggersverhoudinge
 Nuus & verslae
 Omtrent ons
 Kontak ons
Kliënte-kontaksentrum
Maandag - Vrydag: 08:30 - 17:00
0860SANLAM  |  0860 726 526
+27 21 916-5000
Persoonlike lenings
Klagte

Sanlam het 'n effektiewe klagtehanteringsproses geïmplementeer omdat ons 'n klagte as 'n geleentheid beskou om 'n negatiewe ervaring in 'n positiewe lewenslange verhouding met ons kliënte te verander.

Klagteproses

  • Wanneer 'n kliënt die maatskappy by enige toegangspunt kontak, moet die verantwoordelike operasionele afdeling die probleem dadelik probeer oplos.
  • Indien die probleem nie op intreevlak opgelos kan word nie, is daar 'n proses in plek vir die klagte om eskaleer te word.
  • Indien nodig, sal die klagte tot by die Kliënteverhoudinge-afdeling verwys word, waar 'n aangewese Klagteoplossingskomitee (KOK) aandag daaraan sal skenk.
  • Die klagte kan ook na die Sanlam Arbiter eskaleer word.
  • In die beslissing van die Sanlam Arbiter, word die kliënt van die kontakbesonderhede van die toepaslike ombudsman voorsien, om daarheen te appelleer indien die kliënt steeds nie met die oplossing van die klagte tevrede is nie.

Hoe om te kla

  • Klagtes moet op skrif gestel wees.
  • Merk alle klagtes duidelik: "Klagte: polis 12345678x9"
  • Verskaf alle polis/plannommers wat met die klagte verband hou.
  • Stel die klagte kortliks en saaklik op en verskaf alle belangrike gebeure of feite wat op die klagte betrekking het.
  • Verskaf kopieë van alle dokumente wat relevant tot die klagte is (d.i. kwotasies, vorige korrespondensie)
  • Verskaf bewyse van enige verliese wat gely is.

Kontak besonderhede:
Posadres: Sanlam Klagtes, Posbus 1, Sanlamhof, 7532
E-pos: life@sanlam.co.za
Faks: 021 947 9440

Wat om te doen indien u nie tevrede is met die manier waarop u klagte gehanteer is nie

Sanlam het sy eie Arbiter.  Indien u nie tevrede is met die uitslag van u klagte nie, kan u u saak aan die Sanlam Arbiter voorlê.  Doen die voorlegging van die saak met alle relevante korrespondensie aangeheg, soos hierbo versoek, en merk die klagte as:  "Klagte: Sanlam Arbiter: polis 12345678x9".

Kontak besonderhede vir Sanlam Arbiter:
Posadres: Sanlam Arbiter, Posbus 1, Sanlamhof, 7532
E-pos: clientrelations@sanlam.co.za
Faks: 021 947 2769
Direkteure | Kopiereg © Sanlam - Gebruiksbepalings
Sanlam Lewensversekering Beperk is 'n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.