Sanlam tuisblad       English       e-nuus
Ekonomiese kommentaar

Die nuutste Ekonomiese kommentaar.

10 November 2008

Die lopende rekening vs. die kapitaalrekening: waar moet die klem val?
Die lopende rekening van Suid-Afrika se betalingsbalans is die afgelope tyd pal in die nuus. Die argument dat die omvang van die tekort op die lopende rekening die land oorafhanklik maak van 'n volgehoue invloei van buitelandse kapitaal is tot vervelens toe aangevoer.

Maar dalk is dit in elk geval die verkeerde uitgangspunt – moet die fokus nie liewer wees op maniere om die kapitaalrekening te versterk nie?


06 Oktober 2008

Die internasionale finansiële krisis Deel 2: Herontwerping van die finansiële stelsel
Die finansiële krisis wat die wêreld sedert Augustus 2007 teister, het nog nie ten einde geloop nie maar het reeds onherroeplik die finansiële landskap verander, veral in die Anglo-Saksiese lande.


01 Oktober 2008

Die internasionale finansiële krisis - Deel 1
Die jongste finansiële reddingsplan wat tans in die VSA ter sprake is bied die moontlikheid van die spreekwoordelike skeidingslyn en kan die mootlike basis vorm van 'n geleidelike herstel. Hoe affekteer dit die vooruitsigte vir die reële ekonomie en die finansiële markte?


4 September 2008

Die afswaai in die ekonomie nie so erg nie
Die data wat betref ekonomiese bedrywigheid in die tweede kwartaal wat onlangs deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, kan 'n mens laat dink dat die afswaai in die ekonomie glad nie so erg is nie. Die verwringing van die data wat deur die kragonderbrekings in die eerste kwartaal veroorsaak is, wat natuurlik nie in die tweede kwartaal herhaal is nie, moet egter met omsigtigheid benader word.


6 Augustus 2008

Is die rand oorwaardeer?
Die rand se verbasende appresiasie laas maand - ten spyte van 'n tekort op die lopende rekening, dalende kommoditeitspryse en 'n verswakkende wêreld-ekonomie - het beslis aandag getrek. Nou is die vraag: Is die rand heeltemal oorwaardeer en sal 'n skerp daling noodwendig sy voorland wees?


4 Julie 2008

Fokus op ekonomiese groei
Met inflasiesyfers wat steeds vir negatiewe verrassings sorg bly die aandag gefokus op verdere rentekoersverhogings. Indien inflasie egter soos verwag word in die derde kwartaal sy hoogtepunt bereik, is dit logies dat die hoogtepunt in rentekoerse ook naby moet wees.

Die fokus behoort nou te verskuif na die mediumtermynvooruitsig vir ekonomiese groei.


3 Junie 2008

200 basispunte?!
Die onlangse stelling van die president van die Reserwebank, mnr. Tito Mboweni, dat die repokoers moontlik met 200 basispunte verhoog kan word in reaksie op die volgehoue inflasiedruk het behoorlik 'n knuppel in die hoenderhok gegooi.

Nie dat dit noodwendig sal gebeur nie – ons is immers reeds ver gevorder in die huidige verstrammingsiklus, en dit is duidelik dat die ekonomie vinnig besig is om af te koel. Dit sal inderdaad 'n buitengewone stap wees om die tempo van verstramming van monetêre beleid twee jaar na die aanvang van die siklus te versnel.


7 Mei 2008

Die geloofwaardigheid van die Reserwebank
Daar is die afgelope tyd baie gepraat en geskryf oor die geloofwaardigheid van die Suid-Afrikaanse Reserwebank in die uitvoering van sy monetêre beleid. Vir sommige kommentaarskrywers beteken dit bloot dat die Reserwebank noodwendig sal moet aanhou om rentekoerse te verhoog soos wat inflasievooruitsigte verswak indien hy sy geloofwaardigheid wil behou.

Die geloofwaardigheid van monetêre beleid is egter baie meer ingewikkeld.


4 April 2008

Benodig: 'n nuwe prysmodel vir Eskom
Eskom se onlangse versoek vir 'n bykomende verhoging van 53% in tariewe het skokgolwe ontketen. Hul motivering berus hoofsaaklik op die skerp styging in steenkool en diesel koste sedert begin 2008 en hulle beklemtoon dat dit niks te make het met hul kapitaalbehoeftes nie.


10 Maart 2008

Waarheen nou met valutabeheer?
Een van die grootste verrassings in die afgelope begrotingsrede van min. Trevor Manuel was die verdere verslapping in SA se valutabeheermaatreëls. Die tydsberekening daarvan spreek van vertroue in die toekoms van die SA ekonomie.


21 Februarie 2008

Die 2008-staatsbegroting – Sake soos gewoonlik!
In ag genome die omstandighede, is die 2008-staatsbegroting werklik 'n merkwaardige dokument. Ten spyte van oorweldigende teenstand is dit is 'n sterk begroting wat oorloop van selfvertroue in 'n tyd van groter negatiwiteit, en is dus uiters gepas.


7 Februarie 2008

Die Nasionale Begroting - Deel 2
Dit is hoogs onwaarskynlik dat die komende nasionale begrotingsrede op 20 Februarie enige verrassings sal inhou. Die makro-ekonomiese dwangbuis waarin die SA ekonomie hom bevind, skakel dus enige politieke grootdoenery in hierdie stadium uit.


30 Januarie 2008

Die Nasionale Begroting - Deel 1
Na Polokwane is alle aandag nou gevestig op die nasionale begroting wat op 20 Februarie gelewer word. Implementering van die beleidsvoorstelle wat by die ANC kongres aanvaar is, kan implikasies vir die begroting inhou.


7 Desember 2007

Om die regte balans te vind
Suid-Afrika se makro-ekonomiese beleidvormers bevind hulle tans voor hulle grootste uitdaging sedert die randkrisis aan die einde van 2001.


7 November 2007

Die beleidsdebat wat daar nie is nie
Omdat die 2007-mediumtermynbegroting (MTB) daarop aanspraak maak dat dit nie 'n "minibegroting" maar 'n beleidsdokument is, moet ons dit verwelkom, aangesien kontinuïteit in fiskale beleid die toets vir oorhoofse beleidskontinuïteit is.


3 Oktober 2007

Die veranderende rentekoersomgewing
Die algemene verwagting is dat die inflasiekoers in die 2de van die jaar tot goed onder die boonste grens van 6% van die SARB se inflasieteikenband sal daal, en dat die eerste koersverlaging dan sal plaasvind. Na my mening sal die repokoers moontlik nie so gou en so vinnig verlaag word soos algemeen verwag nie.


5 September 2007

Duur lesse
Die einde van die onstuimigheid wat finansiële markte die afgelope ses weke teister is nog nie in sig nie, maar dit is reeds duidelik dat verskillende rolspelers, van beleidmakers tot markdeelnemers, algaande 'n paar duur lesse leer.


1 Augustus 2007

Die pad van die minste weerstand
Sommige mense wil hê dat die boonste teikenbandgrens van die inflasiekoers van 6% tot 7% verhoog word, en siedaar - probleem opgelos! Ander voel die Reserwebank moet eerder op kerninflasie (gedefinieer as VPIX-inflasie uitgesluit energie en voedsel) fokus. Beide mag egter net meer probleme veroorsaak.


12 Julie 2007

Die Suid-Afrikaanse ontwikkelingstaat: mite of realiteit?
Dit word toenemend mode om na Suid-Afrika as 'n sogenaamde "ontwikkelingstaat" te verwys. Omdat dié begrip sy ontstaan te danke het aan die ontwikkelingsmodel wat Asiese lande in die verlede gevolg het.


4 Julie 2007

Is werkers reg of verkeerd?
Die afgelope vier jaar was 'n tydperk van buitengewone voorspoed vir die wêreld, sowel as vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Die wêreldekonomie het in 2003-2006 teen 5% per jaar gegroei, en Suid-Afrika het gevolg met 'n soortgelyke groeikoers sedert 2004.


6 Junie 2007

Die inflasie-uitdaging
Die vraag is of die toename in inflasie bloot 'n tydelike verskynsel is en of dit die voorloper is van 'n verskuiwing na volgehoue hoër inflasie. Om hierdie vraag te beantwoord moet 'n mens by die internasionale prentjie begin, gegewe Suid-Afrika se integrasie by die wêreldekonomie.


2 Mei 2007

Alweer daardie doeane-uniebetalings
Die talle versoeke wat ek ontvang het vir meer inligting oor die belangrikheid van die betalings wat Suid-Afrika ingevolge die Suider-Afrikaanse Doeane-unie-ooreenkoms aan buurlande doen, het my genoop om die saak meer breedvoerig te verduidelik.


16 April 2007

Die sagmoedige valke
Te oordeel aan die murmurerings vanuit daardie oord, sou dit glad nie verbaas het as die Monetêre Beleidskomitee (MBK) besluit het om die repokoers verder te verhoog nie. Wat het dan veroorsaak dat hulle hierdie besluit vermy het?


4 April 2007

Die lopenderekening-balanseertoertjie
Die SARB het hom daarop toegelê om die mark op 'n swak lopenderekeningtekortsyfer voor te berei voor die vrystelling van die SA Reserwebank (SARB) se kwartaal-verslag. Hoewel die mark se reaksie gedemp was, is die kwessie nog nie opgelos nie.


23 Maart 2007

Die kwesbare rand
Die onlangse onbestendigheid in die rand se wisselkoers het weer die aandag gevestig op die rand se gevoeligheid vir enige verandering van sentiment, wat nog te sê ekonomiese fundamentele faktore. Hoewel laasgenoemde gewoonlik die rand ondersteun, lê daar dalk 'n moeilike tyd voor.


15 Maart 2007

Die ekonomiese implikasies van onstuimigheid in finansiële markte
Die jongste vlaag van onstuimigheid in internasionale finansiële markte is die 5de sedert die aanvang van die bulmark in die tweede kwartaal van 2003. Anders as vantevore is daar nou groter kommer oor die ekonomiese implikasies, internasionaal sowel as in SA.


7 Maart 2007

Wanneer is 'n meevaller 'n meevaller?
Die Nasionale Tesourie verdien 'n pluimpie vir die vinnige en besliste wyse waarop dit die voorstel dat alle kommoditeitsprodusente in Suid-Afrika aan 'n belasting op meevallerwinste onderworpe moet wees, in die kiem gesmoor het.


21 Februarie 2007

Die 2007 / 08 Nasionale Begroting
In my voorbeskouing van die begroting het ek die mening uitgespreek dat vanjaar se begroting homself nie tot kreatiwiteit sou leen nie, maar soos altyd het die Minister van Finansies daarin geslaag om ons te verras.


13 Februarie 2007

In navolging van die Europese opsie
Die Staatspresident se aankondiging (Staatsrede van 9 Februarie 2007) dat Suid-Afrika 'n loonsubsidie vir laeloontrekkers gaan instel saam met 'n inkomste-verwante bydraende bestaansbeveiligingstelsel werp interessante en belangrike ekonomiese vrae op. Dalk sal die finale instelling nog deur hewige debat voor-afgegaan word!


12 Februarie 2007

Dis weer begrotingstyd
Dis nie dat die samestellers van die komende nasionale begroting - wat op 21 Februarie 2007 in die Parlement ter tafel gelê word - nie kreatief kan wees nie, maar die beperkings waarmee hulle tans te make het laat ongelukkig nie enige ruimte vir kreatiwiteit toe nie.


7 Februarie 2007

Verdien finansiële stabiliteit meer aandag?
Afgesien daarvan dat hulle inflasie in toom moet hou, staan sentrale banke voor die uitdaging dat hulle van tyd tot tyd aandag moet gee aan ander doelwitte, met inbegrip van die handhawing van finansiële stabiliteit. Die besonder lae marge-vlakke en risikopremies in talle bateklasse wêreldwyd, gekoppel aan hoë vlakke van hefboomfinansiering in die instellings wat daarin belê, mag tans 'n besorgdheid vir voortgesette finansiële stabiliteit regverdig.


6 Desember 2006

Provinsiale diversiteit
Een van die interessantste statistiese vrystellings elke jaar is die data vir Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk (BBP) wat jaarliks in November deur Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak word. Verlede jaar se vrystelling is geen uitsondering nie.

Direkteure | Kopiereg © Sanlam - Gebruiksbepalings
Sanlam Lewensversekering Beperk is 'n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.