|
Algemene inligting
Die doel van die kompetisie is om:
- die skryf van nuwe vollengte Afrikaanse professionele dramas te ontwikkel en te bevorder,
- op 'n kompetisiebasis groter teaterproduksies met onbeperkte rolverdelings, deur tersiêre instellings opgevoer, tydens Nasionale Kunstefeeste aan te bied,
- nuwe opkomende Afrikaanse teaterkunstenaars die geleentheid te gee om in Afrikaans hul talente te ontwikkel en blootstelling tydens kunstefeeste te kry,
- die algemene standaard van Afrikaanse teater te stimuleer.
Die sukses van die ATKV-Kampustoneel (1983 tot 1997) is die basis waarop die nuwe Sanlam-inisiatief geskoei word. Vele huidige bekende en gevestigde, professionele teaterkunstenaars soos skrywers (dramaturge), regisseurs en spelers het die groeigeleentheid van die ATKV-Kampustoneel ervaar, ondervinding opgedoen en hul merk in die toneelwêreld gemaak.
Die kompetisie vind jaarliks by die KKNK plaas.
Skakelpersoon
Martie de Lange, Borgskapbestuurder Tel: (021) 947 5174 Faks: (021) 947 2683 E-pos: martie.delange@sanlam.co.za |