|
Prysgeld en beoordeling
Sanlam plaas 'n volle R270 000 op die spel vir die ontwikkeling en daarstelling van nuwe Afrikaanse teaterproduksies.
Die beoordelaarspaneel sal alle tekste wat van tersiêre instellings ontvang word, evalueer.
Die beste (toneelmatigste) inskrywings/tekste/departemente (maksimum vier per keer) kry elk R25 000 saadgeld om hul produksies by die volgende Absa KKNK op die planke te bring. Tydens die fees beoordeel dieselfde paneel weer die produksies en word die pryswenners aangewys.
Vir die wen-instelling is daar 'n volle R100 000-prys. Die enigste voorwaarde vir die ontvangs van dié prys is dat die wenproduksie in die loop van die jaar ná hul gewen het, by nog ten minste twee ander van die land se kunstefeeste opgevoer word.
Daar is ook vier pryse vir individue op die spel - vir die beste dramaturg/wendrama, die beste regisseur en beste nuwe akteur wat elkeen R20 000 kry, met 'n merieteprys van R10 000 aan die naasbeste akteur. |