|
Hoe om aandele op te eis
As jy kwalifiseer vir die gratis aandele wat tydens Sanlam se demutualisering toegeken is, maar dit nog nie opgeëis het nie, kan jy bevestiging kry van die demutualiseringstrust (Trust) dat onopgeëiste aandele namens jou gehou word deur hier te klik.
Die aandele-vrystellingsproses
Stap 1: Skakel die telefoonnommer soos aan jou verskaf.
Stap 2: Maak seker watter dokumente vereis word. Byvoorbeeld:
- Identiteitsdokument
- Huweliksertifikaat
- Egskeidingsbevel
- Sterftesertifikaat (indien vorige man oorlede, en weer getroud)
- Geboortesertifikaat vir minderjarige kind indien ID nog nie uitgereik is nie
- Kurator se aanstellingsbrief indien insolvent verklaar
- Eksekuteursbrief en sterftesertifikaat indien aandeelbegunstigde oorlede is
Stap 3: Voltooi die vereiste vorm volledig en onderteken.
Stap 4: Laat alle stawende dokumente by die Suid-Afrikaanse Polisiediens of 'n Kommissaris van Ede beëdig.
Stap 5: Dien die vereiste vorm en stawende dokumente in. Die Trust sal 'n antwoordbetaalde koevert hiervoor beskikbaar stel.
Let wel: Maak seker dat die inligting op die vorm korrek ingevul is, aangesien dit so in Sanlam se aandeleregister aangeteken sal word.
Die aandele-oordragproses
Stap 1: Die vorms word vir volledigheid gekontroleer.
Stap 2: Sanlam stuur skrywes aan aandeelbegunstigdes wie se vorms onvolledig voltooi is of ondersteunende dokumente ontbreek.
Stap 3: Die eiser se identiteit word bevestig.
Stap 4: Die inligting word op 'n databasis geplaas en na Sanlam se oordragkantoor, Computershare, in Johannesburg deurgestuur om die oordragproses af te handel.
Let wel: Aangesien Computershare aan FICA-reëls moet voldoen, aanvaar die Trust nie verantwoordelikheid vir die plasing van enige bankinligting nie. Die nuwe aandeelhouer moet dit self tydens of voor verkope van aandele by Computershare laat aanteken. |