Sanlam tuisblad      English      e-nuus      Navigasiehulp      Hulp      Kontak ons
 Aanlyndienste
 Produkte & dienste
Oplossings vir jou
 Fondsprestasie
Finansiële advies
Beleggersverhoudinge
 Nuus & verslae
 Omtrent ons
 Kontak ons
Kliënte-kontaksentrum
Maandag - Vrydag: 08:30 - 17:00
0860SANLAM  |  0860 726 526
+27 21 916-5000
Sanlam Huislenings
Diensbillikheidsfilosofie

Die Sanlam Finansiëledienstegroep erken dat Diensbillikheid noodsaaklik is vir besigheid en ondersteun die doel daarvan.

Sanlam beskou diensbillikheid as 'n integrale element van sy oorkoepelende transformasie-inisiatief en die Groep Uitvoerende Voorsitter het by verskeie geleenthede beklemtoon hoe noodsaaklik dit vir besigheid is.  Die Groep aanvaar dat dit noodsaaklik is om wetgewing in te stel vir die verwydering van die ekonomiese erfenis van strukturele ongelykheid en beskou diensbillikheid as 'n geleentheid om hulleself strategies te posisioneer om sekere besigheidsdoelwitte te bereik.  Daarbenewens glo Sanlam dat elke individu die reg het op waardigheid, respek en die bereiking van hulle potensiaal.  Dit is in hierdie konteks dat die Sanlam-direksie hulleself verbind tot die suksesvolle implementering van diensbillikheid.

Die doelwitte van Sanlam se diensbillikheidsinisiatief is om:

  • Die maatskappy strategies te posisioneer in 'n veranderende makro-omgewing.
  • Ondersteuning te bied aan die maatskappy se visie om 'n werksomgewing te skep wat bevorderlik is vir die werwing, opleiding en behoud van bekwame mense van alle sektore van die samelewing.
  • 'n Organisasiekultuur daar te stel wat diversiteit waardeer en die inherende waardigheid en waarde van elke individu respekteer.
  • 'n Diverse werksmag daar te stel om Sanlam se besigheidsdoelwitte ten beste te bereik.
  • Die maatskappy se vaardigheidsbasis te verbreed.
  • Uitvoering te gee aan die SA Grondwet, die Wet op Diensbillikheid en die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie.

Deur die pad na diensbillikheid te loop probeer die Groep om 'n waarlik Suid-Afrikaanse maatskappy te skep, vry van alle vorms van diskriminasie, met gelyke geleenthede vir almal en waar diversiteit optimaal benut word om produktiwiteit te verbeter.

Direkteure | Kopiereg © Sanlam - Gebruiksbepalings
Sanlam Lewensversekering Beperk is 'n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.