Sanlam tuisblad      English      e-nuus      Navigasiehulp      Hulp      Kontak ons
 Aanlyndienste
 Produkte & dienste
Oplossings vir jou
 Fondsprestasie
Finansiële advies
Beleggersverhoudinge
 Nuus & verslae
 Omtrent ons
 Kontak ons
Kliënte-kontaksentrum
Maandag - Vrydag: 08:30 - 17:00
0860SANLAM  |  0860 726 526
+27 21 916-5000
Bydrae- en belastingsertifikate
FAIS

Agtergrond oor FAIS

Wat is FAIS?
Sanlam en FAIS
FAIS se doelstellings
Hoe word hierdie doelstellings bereik?
Watter invloed het FAIS op Sanlam se kliënte?
Hoe vind kliënte by FAIS baat?

Wat is FAIS?

FAIS - 'n akroniem vir Financial Advisory and Intermediary Services Act (Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste) - is wetgewing wat 'n uitwerking op die finansiëledienstebedryf het. Die Wet het ten doel om die gee van advies en die lewering van tussengangerdienste aan kliënte en ook sekere ander kwessies te reguleer.

FAIS het 'n uitwerking op die meeste finansiële instellings, finansiëlediensverskaffers soos Sanlam, hul verteenwoordigers soos adviseurs, regskonsultante en .parabeplanners, en ander personeel. 

In 'n neutedop gestel, verseker FAIS dat Sanlam jou, ons kliënte, beskerm deur:

  • Betroubare en toepaslike oplossings en advies aan jou te verskaf
  • Oplossings van gehalte aan jou te verskaf
  • Integriteit, deursigtigheid en 'n kultuur van dissipline aan die dag lê in ons interaksie met jou.

Sanlam en FAIS

Sanlam het ten doel om die mees professionele finansiëlediensverskaffer in Suid-Afrika te wees en aanvaar verantwoordelikheid vir die finansiële advies- en tussengangerdienste wat ons aan ons kliënte bied.

Sanlam se missie is om deur die skepping van 'n kliëntgesentreerde organisasie 'n leier op die gebied van welvaartskepping te wees. Die regsraamwerk wat deur FAIS daargestel word, ondersteun ons missie om betroubare en toepaslike advies en oplossings van gehalte met integriteit, deursigtigheid en met 'n kultuur van dissipline aan ons kliënte te bied.

FAIS se doelstellings

FAIS se doelstellings is om:

  • Die kliënt wat finansiële dienste en produkte gebruik, te beskerm
  • Die finansiëledienstebedryf te beskerm, en
  • Tussengangers te beskerm.

Hoe word hierdie doelstellings bereik?

FAIS vereis van Sanlam om as 'n finansiëlediensverskaffer:

  • Die finansiële behoeftes van ons kliënte te bepaal
  • Toepaslike advies aan kliënte te verskaf nadat die tersaaklike feite vasgestel is
  • Kliënte te ondersteun om ingeligte besluite te neem
  • 'n Doeltreffende proses te vestig om klagtes te besleg
  • Voorsiening vir bekwame tussengangers (Sanlam se finansiële adviseurs en Werknemervoordele-konsultante en aktuarisse) te maak
  • Te verseker dat verskaffers van produkte en Sanlam se tussengangers die nodige sorg en ywer aan die dag lê in die kliënte se belang.

Watter invloed het FAIS op Sanlam se kliënte?

FAIS bepaal dat Sanlam:

  • Betroubare en toepaslike advies en oplossings aan kliënte verskaf
  • Met integriteit, deursigtigheid en 'n kultuur van dissipline optree gedurende interaksie met kliënte.

Ons verteenwoordigers is verplig om alle kommunikasie aan te teken wat verband hou met advies oor finansiële dienste wat aan kliënte gelewer is. Dit beïnvloed die hoeveelheid papierwerk wat vereis word, maar aan die einde van die dag beskerm FAIS ons almal. 

Hoe vind kliënte by die inwerkingstelling van FAIS baat?

Dit is hoe kliënte by die nuwe wetgewing baat sal vind:

  • Beskerming deur middel van betroubare en toepaslike advies, integriteit en deursigtigheid
  • Handhawing van standaarde
  • Doeltreffende stelsel vir die beslegting van klagtes
  • Beskerming deur die voortgesette bestaan van die FDV, Sanlam
  • Behoorlike monitering van adviseurs, konsultante en aktuarisse se optrede
  • Aantekening van alle advies en kommunikasie
  • Versekering dat adviseurs bevoeg is.
Direkteure | Kopiereg © Sanlam - Gebruiksbepalings
Sanlam Lewensversekering Beperk is 'n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.