Sanlam tuisblad      English      e-nuus      Navigasiehulp      Hulp      Kontak ons
 Aanlyndienste
 Produkte & dienste
Oplossings vir jou
 Fondsprestasie
Finansiële advies
Beleggersverhoudinge
 Nuus & verslae
 Omtrent ons
 Kontak ons
Kliënte-kontaksentrum
Maandag - Vrydag: 08:30 - 17:00
0860SANLAM  |  0860 726 526
+27 21 916-5000
Persoonlike lenings
Sanlam-toekennings vir Uitnemende Finansiële Joernalistiek
 

Die kompetisie is in 1974 ingestel om uitnemendheid in finansiële joernalistiek te bekroon.  Dit gee erkenning aan die onontbeerlike rol van die finansiële joernalis in die moderne sakelewe en vir die hoë standaarde wat aan die beroep gestel word – veral integriteit, kennis en insig, verantwoordelikheid en oordeel.

Die kompetisie is oop vir bona fide-joernaliste in Suid-Afrika wat in die heeltydse diens van enige mediagroep is of vir hul bestaan oorwegend van vryskutjoernalistiek afhanklik is.

Enige gedrukte berig/artikel of radio- of televisieprogram/-insetsel of materiaal wat deur middel van "podcasting" of RSS-voere of webnuusblaaie en elektroniese nuusdienste soos Sapa en Reuters versprei is, kan ingeskryf word, mits

  • dit van finansiële of ekonomiese aard is en deur die gespesifiseerde afdelings gedek word; en
  • in Suid-Afrika gepubliseer, uitgesaai of versprei is, behalwe in die afdeling vir lede van die Foreign Correspondents' Association.

Die kompetisie dek die betrokke kalenderjaar en word gewoonlik telkens in November van stapel gestuur.  Die sluitingsdatum is dan aan die einde van Januarie en die prysuitdeling in Mei in Johannesburg.

Tensy Sanlam anders besluit, is reiskoste na die prysuitdeling en akkommodasie vir die gaste se eie rekening.

Kontakbesonderhede

André Coetzee
Tel: (021) 947-2567 / 083 709 7065
E-pos: andre.coetzee@sanlam.co.za

Frans van Rensburg
Tel: (021) 947-4893 / 082 805 9245
E-pos: frans.vanrensburg@sanlam.co.za

Sanlam Finansiële Joernalis van die Jaar vir 2007
Winner of 2007
Bruce Whitfield vanTalk Radio 702, 567 CapeTalk,
Summit TV en Finweek by die prysuitdeling
in Sandton op 15 Mei 2008.

Direkteure | Kopiereg © Sanlam - Gebruiksbepalings
Sanlam Lewensversekering Beperk is 'n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.