|
As 'n ware Suid-Afrikaanse maatskappy glo ons by Sanlam in nasiebou en die ontwikkeling van 'n sterk ekonomie. Dit is ons verantwoordelikheid om die lewens van die mense in dié land te help verbeter - 'n verantwoordelikheid wat ons met graagte pak, omdat ons korporatiewe sosiale belegging 'n dubbele wins lewer.
Dit is die regte ding om tyd, vaardigheid en geld vir die verbetering van die lewens van alle Suid-Afrikaners te bewillig. Tweedens beteken dit die verligting van armoede deur 'n belegging in die einste ekonomie waarvan ons deel vorm, 'n belegging in Suid-Afrika se volgende generasie van ekonomies aktiewe mense - ons toekomstige kliëntebasis.
Deur ons mense die vermoë te gee om hul lewens te verbeter, het ons 'n direkte uitwerking op die hele ekonomie. Deur geleenthede, vaardigheidsverbetering en ondersteuning te bewillig, word die mense waarin ons belê, aktiewe deelnemers aan 'n ontluikende ekonomie. Dit help hulle om welvaart en selfbeeld te bou, en om hul plek in die samelewing trots te kan inneem - voorregte wat hulle weer aan hul kinders kan oordra en só die ketting van armoede verbreek.
Om sosiaal verantwoordelik te wees, beteken meer as die blote oorhandiging van 'n welsynstjek. Dit verg betrokkenheid op die laagste vlak. Dit is hoekom ons ons betrokkenheid as programme, nie welsynaksies beskou nie - as beleggings in tyd, vaardighede en geld waarvan ons die sukses kan monitor. |