Sanlam tuisblad      English      e-nuus      Navigasiehulp      Hulp      Kontak ons
 Aanlyndienste
 Produkte & dienste
Oplossings vir jou
 Fondsprestasie
Finansiële advies
Beleggersverhoudinge
 Nuus & verslae
 Omtrent ons
 Kontak ons
Kliënte-kontaksentrum
Maandag - Vrydag: 08:30 - 17:00
0860SANLAM  |  0860 726 526
+27 21 916-5000
Sanlam Huislenings
Besigheidstrategie

Ons visie- om die leier in kliënt-sentriese welvaartskepping en beskerming te wees - ondersteun die definisie van Sanlam as 'n groep besighede wat daarop toegespits is om welvaart vir ons kliënte te bou, te bewaar en te groei.

In die uitleef hiervan spits Sanlam hom op die volgende hoofpilare van sy strategie toe, naamlik

  • Prestasie aggresief te verbeter en 'n leier op die gebied van welvaartskepping in meer as net lewensversekering in Suid-Afrika te word
    • Verbeter die doeltreffendheid van ons tradisionele distribusiemodelle en stel nuwe inisiatiewe soos SanlamConnect bekend.
    • Stel kapitaal vry en ondersoek verkrygings wat groter verteenwoordiging aan ons sal verleen.
    • Bou stelselmatig ons bankversekeringreëlings en banktransaksievermoë uit.
  • Kapitaaldoeltreffendheid verder te verbeter
    • Verseker doeltreffende bestuur van ons kapitaalbasis deur strategiese beleggings te doen, 'n gebalanseerde portefeulje op te bou en kapitaal op die doeltreffendste manier aan te wend.
  • Die internasionale posisionering te prioritiseer
    • Brei internasionale bedrywighede se aandeel in die Groep se bedryfswins uit.
    • Na ons mening kan aantreklike geleenthede in Indië gevind word.
    • Neem 'n toonaangewende posisie in die opkomende finansiëledienstemarkte in.
  • Transformasie te versnel
    • Bly relevant ten opsigte van 'n veranderende markdemografie, en reageer ook op die vereistes van ons belanghebbers wat SEB betref.

In 2008 sal ons ons ook daarop toespits om 'n volhoubare verbeterde gradering van ons Groep te behaal deur opbrengs op GEW te verbeter deur:

  • Verdere optimalisering van die Sanlam-groep se kapitaalstruktuur;
  • Lewering van topgroei; en
  • Verbeterde bedryfsdoeltreffendheid.
Direkteure | Kopiereg © Sanlam - Gebruiksbepalings
Sanlam Lewensversekering Beperk is 'n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.