Sanlam tuisblad      English      e-nuus      Navigasiehulp      Hulp      Kontak ons
 Aanlyndienste
 Produkte & dienste
Oplossings vir jou
 Fondsprestasie
Finansiële advies
Beleggersverhoudinge
 Nuus & verslae
 Omtrent ons
 Kontak ons
Kliënte-kontaksentrum
Maandag - Vrydag: 08:30 - 17:00
0860SANLAM  |  0860 726 526
+27 21 916-5000
Sanlam Topaz nommerpas finansiële oplossings
Uitvoerende komitee

Johan van Zyl Johan van Zyl (Voorsitter)
Groep uitvoerende hoof
Aangestel: 2001
Kwalifikasies: PhD, DSc (Agric)
Groep uitvoerende hoof van Sanlam sedert Maart 2003. Uitvoerende direkteur van Sanlam Beperk en voorsitter van Sanlam Lewens en Sanlam Beleggingsbestuur. Nie-uitvoerende direkteur van Santam, Sanlam Netherlands Holding BV, Sanlam Finansiële Dienste (SFS) en African Life. Raadslid van die Universiteit van Pretoria.
Voormalige uitvoerende hoof van Santam. Voormalige vise-kanselier en rektor van die Universiteit van Pretoria.

Kobus Möller Kobus Möller
Finansiële direkteur
Aangestel: 2006
Kwalifikasies: BCompt (Hons), GR (SA), AMP (Harvard)
In 2002 aangestel as uitvoerende hoof: Finansies. Nie-uitvoerende direkteur van Sanlam Kapitaalmarkte en African Life.
Voormalige uitvoerende direkteur: Bedryf en Finansies van Sanlam Lewens, uitvoerende direkteur: Finansies van Impala Platinum Holdings, en groep finansiële bestuurder van Gencor.
Themba Gamedze Themba Gamedze
Uitvoerende hoof: Onafhanklike Finansiële Dienste
Aangestel: 2007
Kwalifikasies: BA (Hons), MSc, FIA, FASSA
In 2007 aangestel as uitvoerende hoof van Onafhanklike Finansiële Dienste. Voorheen uitvoerende hoof van Sanlam Werknemervoordele. Raadslid van die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika en stigtingspresident van die Association of South African Black Actuarial Professionals.
Voormalige bemagting uitvoerende beampte by Liberty Life en produkontwikkelingsanalis by HSBC Securities.
Ian Kirk

Ian Kirk
Uitvoerende hoof: Strategie en Spesiale Projekte vir die Sanlam-groep
Aangestel: 2006
Kwalifikasies: GR (SA), Hoër Diploma in Sakedataverwerking (WITS)
Voormalige adjunk-uitvoerende hoof van die Liberty-groep en operasioneel verantwoordelik vir individuele lewens en groepvoordele, groep-risiko, groep-ondersteuningsdienste en Prefsure Lewens Bpk. (Australië). Ook voormalige besturende direkteur van AGA Holdings en adjunkhoof van PriceWaterhouse se oudit- en besigheidsadviesdiens.

Lizé Lambrechts

Lizè Lambrechts
Uitvoerende hoof: Sanlam Persoonlike Finansies
Aangestel: 2002
Kwalifikasies: BSc (Hons), FIA
In Augustus 2002 aangestel as uitvoerende hoof van Sanlam Lewens (nou Sanlam Persoonlike Finansies). Uitvoerende direkteur van Sanlam Lewens en nie-uitvoerende direkteur van Sanlam Namibië, African Life en Merchant Investor Assurance. Direkteur van die Vereniging van Lewensversekeraars.
Het haar loopbaan in aktuariële opleiding in 1985 by Sanlam begin en het verskeie senior posisies in die Groep se individuele lewensbesigheid beklee.

Temba Mvusi

Temba Mvusi
Uitvoerende hoof: Markontwikkeling
Aangestel: 2004
Kwalifikasies: BA, ELP (Warton School of Business), MAP (Wits), PDP (UK)In Augustus 2005 as uitvoerende hoof: Markontwikkeling aangestel nadat hy sedert Januarie 2004 die pos as uitvoerende hoof: Groepdienste beklee het. Nie-uitvoerende direkteur van Sanlam Private Beleggings.
Voormalige hoof van eksterne skakeling by Sanlam Beleggingsbestuur, hoofbestuurder van Gensec Eiendomsdienste, en bemarkingsbestuurder van Franklin Asset Management.

Johan van der Merwe

Johan van der Merwe
Uitvoerende hoof: Sanlam Beleggingsbestuur
Aangestel: 2002
Kwalifikasies: MCom, M.Phil, GR (SA), AMP (Harvard)
In Julie 2002 aangestel as uitvoerende hoof van Sanlam Beleggingsbestuur. Uitvoerende direkteur van Sanlam Beleggingsbestuur en direkteur van al die maatskappye in die Beleggings-groepering, en voorsitter van SanlamKapitaalmarkte, Sanlam Eiendomme-batebestuur, Sanlam Multi-Managers International en Sanlam Asset Management (Ireland).
Voormalige direkteur van Investec Asset Management en hoof van korporatiewe finansies en belasting by Billiton.

Heinie Werth

Heinie Werth
Uitvoerende hoof: Sanlam Ontwikkelende Markte
Aangestel: 2005
Kwalifikasies: Hons B (Rekeningkunde), GR (SA), MBA (Stellenbosch), EDP (Manchester)
In Desember 2005 aangestel as uitvoerende hoof: Sanlam Ontwikkelende Markte nadat hy vanaf April 2002 die pos van finansiële direkteur van Sanlam Lewens beklee het. Uitvoerende hoof van African Life en nie-uitvoerende direkteur van Shriram Insurance, Indië, en Channel Life.
Voormalige senior hoofbestuurder (IT) van Sanlam Lewens, finansiële direkteur van Sanlam Werknemervoordele en bestuurder korporatiewe finansies van Gencor.

André Zeeman André Zeeman
Hoofaktuaris
Aangestel: 2005
Kwalifikasies: B.Com, FIA, CFP, EDP (Manchester)In September 2005 aangestel as hoofaktuaris van Sanlam Beperk en statutêre aktuaris van Sanlam Lewens.
Voormalige uitvoerende hoof: Aktuarieel van Sanlam Lewens en het verskeie bestuursposisies in die aktuariële afdeling beklee.

Direkteure | Kopiereg © Sanlam - Gebruiksbepalings
Sanlam Lewensversekering Beperk is 'n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.