|
Ons visie
Om die leier in kliënt-sentriese welvaartskepping en welvaartbeskerming te wees
Hierdie visie vat Sanlam se uiteindelike doelwit duidelik saam: om 'n groep besighede te wees wat fokus op die skepping, beskerming en vermeerdering van welvaart vir al ons kliënte.
- Welvaartskepping behels om ons kliënte toegang te gee tot spaar- en kredietoplossings.
- Welvaartbeskerming is ons tradisionele besigheid waarin ons gewaarborgde planne voorsien vir beleggingsmark- en gebeurlikheidsrisiko's soos lewens-, gesondheids-, eiendoms-, ongevalle- en aanspreeklikheidsrisiko's.
- Welvaartvermeerdering behels beleggingsbestuur deur die aanwending van verskillende beleggingsmediums.
Ons waardes
Ons skep waarde deur innoverende en voortreflike prestasie. Ons:
- Lei met oortuiging
- Dien met trots
- Gee om omdat ons ander respekteer
- Tree op met integriteit en aanspreeklikheid
|