Sanlam tuisblad      English      e-nuus      Navigasiehulp      Hulp      Kontak ons
 Aanlyndienste
 Produkte & dienste
Oplossings vir jou
 Fondsprestasie
Finansiële advies
Beleggersverhoudinge
 Nuus & verslae
 Omtrent ons
 Kontak ons
Kliënte-kontaksentrum
Maandag - Vrydag: 08:30 - 17:00
0860SANLAM  |  0860 726 526
+27 21 916-5000
Sanlam Topaz nommerpas finansiële oplossings
Wie is ons?

Sanlam is 'n toonaangewende finansiëledienstegroep in Suid-Afrika met sy hoofkantoor in Bellville in die Wes-Kaap.

Die Groep, wat in 1918 gestig is, het in 1998 gedemutualiseer en Sanlam Beperk is toe op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) en die Namibiese Aandelebeurs genoteer.

Die Sanlam-groep bedryf sy besigheid deur Sanlam Beperk, die korporatiewe hoofkantoor en vier besigheidsgroeperings. Die korporatiewe hoofkantoor is verantwoordelik vir die Groep se gesentraliseerde funksies soos strategiese leiding, finansiële en risikobestuur, bemarking en kommunikasie, Groep menslike hulpbronne en korporatiewe maatskaplike investering (KMI).

Die Lewensversekering-groepering bestaan uit Sanlam Persoonlike Finansies (SPF) en Sanlam Werknemervoordele (SWV). SPF verskaf individuele lewensversekering en persoonlike finansiële dienste en produkte in Suid-Afrika en elders in Afrika, die Verenigde Koninkryk en Indië. SWV verskaf lewensversekerings-, beleggings- en annuïteitsprodukte vir groepskemas en aftreefondse.

Gedurende 2005 het Sanlam African Life Assurance Company verkry, asook 'n beherende belang in Channel Life, wat die grondslag lê vir Sanlam se strategie vir die intreevlaklewensversekeringsmark.

Die Korttermynversekering-groepering, Santam, is die voorste korttermyn-versekeringsmaatskappy in Suid-Afrika. Dit is ook elders in Afrika, Europa en die Verenigde Koninkryk bedrywig.

Die Beleggings-groepering, gedryf deur Sanlam Beleggingsbestuur en 11 ander besighede, sluit die Groep se beleggingsverwante besighede in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk, Europa en Namibië in. Die groepering se dienste en produkte sluit batebestuur, ander beleggingsprodukte, eiendomsbatebestuur, kollektiewe beleggings, beleggings vir privaat kliënte, aandelemakelary en beleggingsadministrasie in. Sanlam Kapitaalmarkte in die Beleggings-groepering verskaf risikobestuur en gestruktureerde produkoplossings en verwante kapitaalmarkbedrywighede vir die Suid-Afrikaanse spaarbedryf, ondernemings in die openbare sektor, en maatskappye.

Die Onafhanklike Finansiële Dienste-groepering belê in onafhanklike entiteite en tussengangerbesigheid in die finansiëledienstebedryf.

Sanlam is 'n baanbreker op die gebied van transformasie en die Ubuntu-Botho-transaksie in 2004 het sy posisie as 'n toonaangewende finansiëledienstegroep versterk. Dit word gesteun deur uitnemende SEB-leierskap en 'n omvattende strategie ten einde betekenisvolle deelname op 'n wydgerigte grondslag in Suid-Afrika te verseker.

Die Groep is ook aktief betrokke by KMI-programme met die fokus op opvoeding, HIV/Vigs, ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike ontwikkeling. Sy KMB-begroting staan gelyk aan 1% van sy netto bedryfswins.

Op 31 Desember 2005 het Sanlam bates van R353 miljard onder bestuur en administrasie gehad.

Die Groep het ongeveer 9 500 kantoorpersoneel en ongeveer 1 400 adviseurs in diens.

Direkteure | Kopiereg © Sanlam - Gebruiksbepalings
Sanlam Lewensversekering Beperk is 'n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste.