|
Sanlam voorsien in die volle spektrum van finansiële behoeftes – van persoonlike risikodekking tot aftreevoorsiening tot huislenings – deur ons omvattende reeks van pasgemaakte finansiële oplossings.
Herken jy jouself in enige van die volgende situasies?
Sanlam Topaz
- As jy vandag daardie nuwe selfoon vir jou kind koop, sal jy genoeg geld hê om te begin spaar vir sy toekomstige opvoeding?
- Kan jy enigsins jou geldsake só hanteer dat jy albei kan bekostig?
- Kan jy daardie luukse vakansie bekostig, of moet jy liefs seker maak dat jy genoeg vir jou aftrede gespaar het?
- Is daar 'n manier waarop jy vir 'n gerieflike lewenstyl vir jou en lewensmaat in die toekoms kan verseker?
Met Sanlam Topaz help ons jou vir die toekoms beplan sodat jy presies weet hoeveel jy jouself vandag kan bederf.
|
Sanlam Sky
- Jy werk hard om te verseker dat jy eendag vir jou kinders die beste opvoeding moontlik te gee.
- Jy het groot planne om jou huis te vergroot sodat jou gesin gerieflik kan saamwoon.
- Maar bo alles wil jy verseker dat jou familie versorg is as jy by die werk beseer sou word.
- Jy het beperkte hulpbronne maar jy is vasberade om die meeste uit jou geld te put.
Met Sanlam Sky bied ons jou 'n mandjie van oplossings wat vir opvoeding, begrafnisdekking, en lewens- en ongeskiktheidsdekking teen bekostigbare premies voorsiening maak.
|
Glacier van Sanlam
- Jy vereis verpersoonlikte finansiële oplossings om by jou finansiële leefstyl te pas.
- Jy wil die gerief en eenvoud van een kontakpunt vir al jou finansiële belange hê.
- Bykomende voordele van toeganklikheid, keuse, likiditeit, deursigtigheid en gemoedsrus is vir jou aantreklik.
- Jy wil graag al jou beleggings elektronies dophou en ook op dié wyse transaksies doen, al jou beleggingsbesonderhede op 'n gereelde, lesersvriendelike staat ontvang, en een kommunikasiesentrum skakel indien jy enige navrae het.
Die Glacier-oplossings is ontwerp om aan die finansiële vereistes van welvarende individue te voldoen. Aanbiedinge sluit in beleggings en inkomste, direkte aandelebeleggings, boedelbeplanning, testamente, trusts en buitelande fidusiêre dienste, asook omvattende korttermynversekering.
|
Sanlam Cobalt
- As besigheidsmens, boer of selfbesoldigde beroepsmens wonder jy wat met jou onderneming sal gebeur as jy sou sterf, aftree of ongeskik raak.
- Waar sal jy geld kry om jou vennoot se aandeel uit te koop as hy of sy sterf of ongeskik sou raak?
- Waar sal jy 'n inkomste kry wanneer jou kinders of vennote die onderneming oorneem?
- Vermoed jy jy betaal te veel aan belasting?
- Het jy voldoende voorsiening vir die aftrede van jou werknemers gemaak?
Met Sanlam Cobalt bied ons jou 'n omvattende reeks oplossings wat jou sal help om jou onderneming glad te kan bestuur.
| |