|
Sanlam dek die hele spektrum van finansiële dienste vir instellings, van besigheidsrisikodekking tot werknemersvoordele tot aftree-oplossings.
Batebestuur Sanlam Beleggingsbestuur hanteer finansiële bates vir institusionele, korporatiewe, kleinhandel- en individuele kliënte in beleggingsvoertuie wat wissel van gepoelde en kollektiewe beleggings tot gesegegreerde institusionele portefeuljes.
Multi-bestuur Sanlam Multi Manager International (SMMI) is 'n beleggingsbestuur-onderneming wat toegewyd is aan aktiewe multibestuurder-beleggings vir instellings, aftreefondse en individue.
Verskansingsfonds van fondse Octane is gevestig in Switserland met kantore in New York en Suid-Afrika, en is 'n onafhanklike alternatiewe beleggingsverskaffer wat op verskansingsfonds van fondse namens instellings en aftreefondse konsentreer.
Internasionale Fondse SIM Global is 'n aktiewe bestuurder van Suid-Afrikaanse langtermyn internasionale fondse vir plaaslike en internasionale institusionele en kleinhandelkliënte.
Ierland-gevestigde buitelandse fondse Sanlam Asset Management (Ireland), wat in Dublin gevestig is, bied streek- en globale fondse met 'n domicilium in Ierland. Die fondse is beskikbaar op bestuurder van bestuurder-, fonds van fondse- of enkelbestuurder-produkplatforms.
Ontluikende markte Met kantore in Namibië, Kenia, Nigerië, Botswana en Zambië, bied SIM Emerging Markets fonds- en beleggingsbestuursdienste in ontwikkelende lande. Ons bied ook private ekwiteit, eiendomsfondse, korporatiewe finansiering en advies, werknemersvoordele en risiko-oplossings.
Werknemersvoordele Sanlam Werknemersvoordele bied groep lewens- en ongeskiktheidsvoordele, institusionele beleggings, risikodienste, fondsadministrasie, afgeleide instrument-gegronde gestruktureerde oplossings en aktuariële/konsulterende dienste aan instellings en aftreefondse.
Sanlam Asset Liability Index 'n Innoverende oplossing vir hulp met aftreebeplanning en -besluitneming.
Aftrede Ons konsultante sal jou help om die mees doeltreffende aftreebefondsingsopsie vir jou onderneming te kies.
Aktuariële en werknemersvoordele-konsultasie Simeka Consultants and Actuaries verskaf professionele aktuariële en werknemersvoordele-konsultasiedienste aan werkgewers en trustees.
Finansiële Strukturering en -ingenieurswese Sanlam Capital Markets verskaf nis finansiële oplossings vir skuld en ekwiteit aan kliënte en is 'n verskaffer van risikobestuur- en gestruktureerde produkoplossings.
Private Ekwiteit Sanlam Private Equity bied direkte en fonds van fondse-beleggingsprogramme en is ook aan die stuur van Sanlam se swart bemagtiging-beleggingsprogram.
Jy kan op Gensec Properties staatmaak vir professionele eiendom-, spasie-, huur- en projekbestuur, terwyl Sanlam Eiendomme spesialiseer in strategiese eiendomsdienste, insluitend portefeuljebestuur, ontwikkelingsverkope en noterings.
Voertuig en besigheidsversekering Maak vir die onverwagte voorsiening met omvattende korttermyn-dekking vir jou besigheidsperseel, voertuie en toerusting. |