Moenie U Welvaart aan die Toeval Oorlaat Nie

1 Augustus 2019

Dís hoe welvaart werk – mens kan dit opbou, in stand hou of vernietig. As u die kans kry om geleenthede vir welvaartskepping vir uself en u geliefdes uit te brei, sal u dit doen?

Julie is Spaarmaand, en heel gepas het ons ook hierdie maand Mandela-dag gevier, ter herinnering aan die werk wat President Nelson Mandela gedoen het. Een saak waarop Mandela as ’n leier met visie klem gelê het, is dat opvoeding noodsaaklik is vir sukses, vordering en om positiewe verandering te bring.

Nelson Mandela het eenkeer gesê opvoeding kan sorg dat ’n kleinboer se dogter ’n dokter word, dat ’n mynwerker se seun die mynhoof word, dat ’n plaaswerker se kind die president van ’n groot nasie word. “Dit is wat ons maak van wat ons het, nie wat aan ons gegee word nie, wat een persoon van ’n ander onderskei.”

Die voormalige president het geglo dat opvoeding ’n positiewe uitwerking op die vordering van ’n gesin en, by implikasie, hul verdienste kan hê in die volgende geslag – en ’n kragtige geleentheid bied om welvaart te skep.

Skep Welvaart vir U Gesin

Terwyl u spaar vir die toekoms, kan dit die moeite werd wees om uself af te vra of die volgende geslag in ’n swakker of dieselfde posisie, of beter daaraan toe sal wees. Wat kan u vandag doen wat die koers van u welvaart en u gesin se finansiële toekoms kan verander?

Het jy al ooit gehoor van stories oor kinders wat rykdom by ouers erf en dit verkwis, omdat hulle aan die gerief van welvaart gewoond was maar nooit verantwoordelikheid vir die groei van welvaart aanvaar het nie? Studies in die VSA het getoon dat die kanse groter is dat kinders wat opvoeding gekry het, welvaart wat hulle geërf het sal bestuur, as in die geval van dié wat nie dieselfde opvoedkundige geleenthede gehad het nie. Opvoeding of onderrig verteenwoordig dus ’n kans om welvaart te bewaar.

John H. Langbein, briljante Emeritus-professor in die Regte en Regsgeskiedenis by Yale, verduidelik die konsep soos volg:

“Waar die oordrag van rykdom van ouers na kinders vroeër op groot erfgoed soos die familieplaas of die familiebesigheid toegespits was, is die oordrag van welvaart vir die breë middelklas vandag op ’n radikaal ander tipe bate toegespits: die belegging in vaardighede.”

In Suid-Afrika het ons oor die afgelope twee dekades die opkoms van ’n middelklas aanskou. In watter mate sal hierdie middelklas welvaart bou, en watter nalatenskap sal hulle vir hul kinders gee? Langbein voer aan dat die oordrag van welvaart tussen generasies kan gebeur terwyl die ouers nog leef, as hulle belê om vir hul eie aftrede voorsiening te maak en ook vir hul kinders se opvoeding betaal, en op dié manier in hierdie jongmense se mensekapitaal belê.

Langbein se siening van erfgoed kan vir die meeste Suid-Afrikaners heel relevant wees. Met ander woorde, ouers kan ’n toekoms skep waar kinders beter in staat sal wees om die geleenthede vir welvaartskepping te benut, sonder om finansieel tot hul ouers se aftrede te moet bydra.

In die lig van hierdie argument, om nie u (familie) welvaart aan die toeval oor te laat nie, sal dit behoorlike beplanning verg om kinders se toegang tot opvoedkundige geleenthede, en ook u eie aftrede te befonds. Hierdie benadering gee u familie ’n geleentheid om welvaart oor generasies heen te skep en te bewaar.

Gelukkig hou dit ook voordele in vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Lutz Wolfgang, Stigtingsdirekteur van die Wittgenstein-sentrum vir Demografie en Internasionale Mensekapitaal, skryf oor hoe Japan, China, Singapoer en Suid-Korea hul verstommende suksesverhale hoofsaaklik op verbeterings in mensekapitaal gebou het, sonder beduidende grondstowwe of internasionale bystand. Hy verduidelik dat die uitbreiding van opvoeding tot ekonomiese groei gelei het.

Net so is daar vir ons Suid-Afrikaners ’n geleentheid om welvaart vir ons land op te bou wanneer ons in ons kinders se opvoeding belê.

By Sanlam glo ons aan opvoeding en die toekoms wat dit vir u, u gesin en Suid-Afrika se ontwikkeling kan ontsluit. Met die oog hierop het ons Sanlam Goal Manager ontwikkel om ons kliënte te help om suksesvol vir opvoedkundige geleenthede voorsiening te maak en welvaart op te bou.

Sanlam Beplanning vir Opvoeding

’n Sanlam finansiële beplanner of geakkrediteerde makelaar sal Sanlam Goal Manager gebruik om ’n spaarplan op te stel met inagneming van ’n kliënt se einddoel (byvoorbeeld, ’n bepaalde 4-jaargraad oor 10 jaar) en betalings wat vir die kliënt se omstandighede geskik is.

Vind meer uit oor Sanlam Goal Manager en hoe om ons opvoedkundige beplanningshulpmiddel te gebruik.

Dit is ’n belangrike gesprek en ons het hande gevat met ’n paar fantastiese Suid-Afrikaanse ouers wat hul inspirerende verhale sal vertel oor hoe hulle vir hul kinders se toekoms spaar of gespaar het.

Sluit gerus aan by die gesprek deur hulle op Instagram te volg en u verhaal te vertel, met die kans om baie te wen.