Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Skip Navigation LinksMedia Centre

​​​​​​

 

 

CBG07 - Crude Oil Brent (ICE)

 

Die skerp daling van die olieprys in reaksie op ‘n veranderende ewewig tussen vraag en aanbod wys weereens op die gevaar om onlangse tendense te ekstrapoleer wanneer die toekoms voorspel word. “Spits-olie”, naamlik die siening dat die tempo van olie-ontginning ‘n spits bereik het en sal afneem totdat oliereserwes heeltemal uitgeput is, met gepaardgaande opwaartse druk op oliepryse, was kort gelede nog die oorheersende tema in oliemarkte.

Die heersende mening was ook dat wat oliereserwes betref, die maklik bereikbare reserwes reeds ontgin is en dat marginale produksiekoste verder sou styg omdat produsente genoop is om reserwes te ontgin wat moeiliker en duurder was om te bereik, byvoorbeeld op baie diep seevlakke. Brent-olie het toe teen ongeveer $150 per vat verhandel en daar is verwag dat oliepryse hoog sou bly. Dit blyk dus dat ‘n oordeelsdag-scenario wat betref die uitputting van die aarde se hulpbronne weereens voortydig aanvaar is!

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam